About

Hi, I’m Errieda du Toit,  food lover from Cape Town,  the Huiskok (home cook) of the radio station RSG & an obsessive cookbook collector and recipe magpie.

I am the content producer: food for the reality tv series Kokkedoor and probe nostalgia and food in a cultural context. I authored the Kokkedoor cookbooks and also Masterchef SA-The Cookbook. I write mostly in Afrikaans, my mother tongue – a language rich in expression. image

Nou dat ek die kans het om oor myself te vertel: 

Ek en my man Ian woon en werk saam in Welgemoed, omring met  ‘n mengelmoes katte, kuns, kuiergaste, hope kookboeke. Ons bedryf ‘n skakelmaatskappy oor kos, wyn, dekor en ander lekkerleef dinge.  My kosskrywery, boeke, RSG-radiorubriek en betrokkenheid by Kokkedoor (inhoudsvervaardiger: kos; en skrywer van die Kokkedoor kookboeke) is nog ‘n manier om my kosliefde uit te leef.

Van waar die skryflus: My skryflus kom van kleintyd, met Ma Inez Espost wat self haar kroos se slaaptydstories en liedjies geskryf het. Dit het my verbeeldingswêreld geprikkel, so ook my liefde vir woorde en stories vertel. Die kósliefde het ek ook by my ma geërf. Ek erf ook die vergeelde  resepteboekies wat haar pa (my Oupa Moller) as trousseau vir haar saamgestel het in sy keurige onderwyserhandskrif – hoe om heerlikhede soos afval, kweperlekkers en koeksisters te maak.  Van ander oupa, ‘n Esposito van Italië, kry ek my vurige temperament en liefde vir die Mediterrene.

Mymerkos en kontreiskryfkuns: Ek droom van ‘n sabbatsreis waar ek  die cuisine du  terroir  –  die unieke kostaal van ‘n kontrei kan bestudeer soos veldkool van die Weskus en kambro uit die Karoo; brood uit  ‘n bakoond op ‘n trekboerroete in die Sederberge. Suurvye uit die Sandveld.

Kos mense wat ek bewonder:  Peter Veldsman spreek tot my inner-raconteur. Lannice Snyman is my kos-engel. Kobus van der Merwe van Oep ve Koep in Paternoster se vars benadering tot Weskus kontreikos; sjef Nic van Wyk  vir ongekunstelde super-lekker kos. Richard Carstens verskuif my kosgrense. My vriendin Daleen – kookboek-uitgewer en skilferkors-koningin. Ottolenghi. Die Italiaanse sjef Massimo Bottura, die Ierse kosskrywer Diane Henry.  Hetta van Deventer se kennis van kosgeskiedenis. Die kokkedoor-deelnemers vir hulle waagmoed.

Ander belangstellings: Reis. Buenos Aires.  Prins Albert is my spirituele huis. Zanzibar is my nuwe ontdekking.  Ek  geniet om net die kar te vat en kambro in die Karoo te gaan soek. Lees, alles waarop ek my hande kan lê. My versameling kookboeke groei by die dag. Daar is boeke op die bedkassie, in die sitkamer, op die ou tweepoot-tafel in die voorportaal, dit stroom oor my tuiskantoor se lessenaar, lê op voetstoele en voor kaggels, in hopies langs ‘n ou leunstoel, tot in die kleinhuisie.  Ek is gefassineer deur kos en geheue, en kos in ‘n kulturele konteks.

Ander lekker dinge wat ek doen: My kosrubrieke vir SARIE KOS, en ook Die Burger en Beeld.  Ek het die afgelope 15 jaar ‘n kosprogram op RSG, eers  bekend as Huiskok Glanskok met kosvriend Francois Ferreira , en nou ‘ my program Die Kos wat Ons Ken.  Ons boek Huiskok Glanskok het  ‘n Gourmand Toekenning ontvang.

Genoeg oor my – kom ons praat eerder oor kos. 

49 Responses to “About”

  1. Marius Cloete September 24, 2013 at 11:14 am #

    Hallo Errieda

    Daai speelse tjoklit- en koffie lae-halskoek van jou…

    Wat my van jou metode opval, is die “Laat koek heeltemal afkoel in die pan voor dit uitgehaal word”.

    Is dít nie ‘n bydraende faktor tot die “klamheid” daarvan nie? Ek onthou so skalksweg dat my gade haar tjoklitkoeke op waspapier of so-iets (wens nou ek het beter opgelet) in die ondestebo koekpan vir selfs ‘n dag of wat laat rypword.

    Of speel my nostalgie nou kul-jou-hier, kul-jou-daar met my?

  2. Gracia September 3, 2013 at 7:00 pm #

    Hello Errieda
    Ek is n fan van jou projekte en volg jou op twitter. Ons het onlangs van Gauteng na jou omgewing getrek. Ek het gewonder of jy asb aanbevelings kan maak oor n bakkery en slaghuis en waar mens goeie kwaliteit vis en groente en vrugte kan koop. Dankie

    • huiskok September 4, 2013 at 10:03 am #

      Hi, baie welkom in ons kontrei! Welgemoed omgewing? Ek besoek die Winelands Deli in Kenridge vir alles wat interessant en lekker is. Vir Koek gebak is Treat langs Skaapland in Highstreet die beste. Broodbakker afhangende van waar jy is, maar Vineyard deli het baie lekker brode wat hulle inkry. Daar is ‘n bakkery in Durbanville se middedorp wat goed is, maar ekself ry nie so ver in nie. Ek laat weet as ek iets kry.

      • Gracia September 4, 2013 at 9:39 pm #

        Baie dankie dat jy so vinnig geantwoord het. Was by Vineyard deli en dis inderdaad n wonderlike plek. Sal Treat volgende probeer. Waar is Winelands deli? Kry dit nie gegoogle nie.

  3. Annarie vd Westhuizen May 17, 2013 at 10:16 am #

    More Errieda,ek hoop jy kan my help.Ek is op soek na n resep vir malvapoeding met wyn in.Ek het op Kokkedoor gehoor van di verskil met Jan Ellispoeding.Ek kry net resepte wat port of amaroela likeur inkry.Baie dankie Annarie vd Westhuizen

    • huiskok May 17, 2013 at 10:21 am #

      HI Annarie, jy kan die port of amarula in die sous vervang met skeutjie brandewyn, dan het jy n tradisionele malvapoeding! Ek het nog nie een gemaak met wyn in die sous nie, maar jy sal n bietjie soetwyn kan gebruik. Droee witwyn gaan nie werk nie.

  4. Frans May 10, 2013 at 9:52 am #

    Soek na brandewyn ryspoeding resep

    • huiskok May 10, 2013 at 9:58 am #

      Hi Frans, die resep is op die blog gepost. Kyk gerus weer. DAnkie vir die inloer.

  5. Kotie Brooks April 26, 2013 at 10:35 am #

    Heerlik! Waar kan ek jou afval resep in die hande kry?

    • huiskok April 26, 2013 at 11:42 am #

      Hi Kotie, ek sal ‘n lekker resep bedel en later daarop skryf. Ek is nie ‘n gerekende afvalkoker nie. Iemand wat vir Kotie kan help?

  6. My Food Memories April 4, 2013 at 7:55 pm #

    Errieda jy het die vermoë om met woorde te skilder en jou resepte laat my die riel dans. Jy is begaaf, kunstig wêreld klas in als wat jy doen. Jou hart is so groot soos Tafelberg en dit is ń voorreg om jou te ken.

  7. Riana Joubert April 3, 2013 at 9:22 am #

    Goeie more Errieda,
    Ek het onlangs ‘n “snackle” yster in die hande gekry. Ken jy dit? Daar is 3 soliede vormpies (driehoek, vierkant en sirkel) aan ‘n yster arm. Mens doop die vormpies in ‘n beslag en dan dadelik in warm olie. Wanneer dit gaar is, haal mens dit versigtig af, laat afkoel en dan vul jy dit met bv kerriemaalvleis. Ek weet my ouma het dit gemaak… My vraag is, indien jy dit ken, watter soort beslag moet ek gebruik. Defnitief nie ‘n pannekoek een nie, dit het nie gewerk nie. Hoop jy kan help. Dankie vir jou lekker rsg inspirasies!

    • huiskok April 12, 2013 at 1:44 pm #

      Ek ken die yster, maar het jare laas so iets gemaak. Probeer ‘n ietwat dikker beslag, tussen pannekoek en plaatkoekies. Speel maar rond en laat weet.

  8. erika March 30, 2013 at 6:08 pm #

    Daardie lelike eendjie wortelresep klink na iets om te MOET he! Kan ek dit ook kry asb?

    • huiskok March 30, 2013 at 6:52 pm #

      Ek sal Dit sommer post ook. Dit is so lekker dat ek Dit ook sommer weer gaan maak. Paashaas hou mos van wortels.

  9. Ronel van Zyl March 28, 2013 at 11:02 am #

    Hi Errieda, jou kospraatjies en foto’s fantasties ! Hard op soek na jou resep vir Geelwortel-kheera (Lelike Eendjie)
    ronelvanz@yahoo.com
    Baie dankie

    • huiskok March 30, 2013 at 6:05 pm #

      Ek sal vir jou stuur so gou ek weer op kantoor is. Geniet die Paasnaweek,

  10. Linda Louwrens March 13, 2013 at 7:29 am #

    Hello Errieda wat ‘n heerlikheid om op jou blog af te kom. Ek gaan dit onmiddelik wyd en syd deurgee. Linda

  11. Marianne Thiede March 8, 2013 at 11:05 am #

    Hi Errieda, ek wou net dankie sê vir jou lekker AFRIKAANSE blog! Ek kyk na soveel blogs (meestal Engels) en joune is so verfrissend. Jy gebruik jou taal net soos jou bestanddele – met oemf en genot! Heerlik!
    Marianne Thiede.

    • huiskok March 8, 2013 at 11:26 am #

      Marianne, dankie vir die wonderlike pluimpie. Dis vir my so belangrik dat daar op die internet in Afrikaans oor kos gesels word. Dis immers die taal van my tong en van my maag!

  12. Delia Jordaan January 23, 2013 at 2:39 pm #

    Goeie dag Errieda

    Dit was behoorlik lekker om jou in lewende lywe te ont,oet. Sal jou graag iets wil vra maar nie op jou blog nie. Kan jy my dalk epos dan sodat ek my vra dan kan teug epos. Dankie

    Delia

    • huiskok March 2, 2013 at 10:21 pm #

      Hi Delia, ja, my pa was ‘n skool hoof. Het jy skoolgegaan by hom?

  13. elma turk. December 28, 2012 at 12:45 pm #

    Goeie middag, ek het vanoggend jou “brownie” resep gehoor op die radio maar was in die kar en kon dit nie neerskryf nie. Is dit moontlik om dit aan my te epos. Baie dankie. Elma Turk

    • huiskok December 29, 2012 at 12:50 am #

      Hi Elma. die resep is op die blog – laat weet as jy nie reg kom nie. Errieda

  14. Jurie December 11, 2012 at 10:47 am #

    Hi Errieda. Baie dankie. Ek waardeer jou moeite!

  15. Jurie December 11, 2012 at 9:01 am #

    Goeie more Errieda. Hoop dit gaan goed. Kon jy toe enige verdere inligting kry oor die brood resep? Baie dankie vir jou moeite.

    • huiskok December 11, 2012 at 9:14 am #

      Hi Jurie, niemand ken die betrokke resep nie. Ek het wel gister uiteindelik ‘n resep opgespoor waarin daar ‘n bietjie asyn kom wat ‘n effek het op die rys. Ek moet dit nog oortik. Dit is geensins dieselfde resep nie, maar gee jou ten minste iets om mee te speel.

  16. Jurie November 30, 2012 at 10:58 am #

    Goeie more Errieda

    Baie dankie dat jy teruggekom het na my toe.

    Blykbaar is daar olie, asyn en bruinsuiker in saam met margarine, sout, meel water en yeast.

    Dit is ‘n bruin brood wat baie “moist” en “solid” is. Die kors is ook nogal “crunchie”. Beste manier wat ek dit kan beskryf.

    Daar is nie sade in die brood nie. Dit is werklik die beste brood wat ek nog ooit ge-eet het.

    Hoop bogenoemde help. Baie dankie vir jou hulp.

    Lekker dag verder.
    Jurie

    • huiskok November 30, 2012 at 1:30 pm #

      Jurie. Ek gaan my broodbak-pelle vra. Dis nie ‘n resep wat ek ken met die asyn nie. Interessant.

      • Jurie Venter November 30, 2012 at 2:12 pm #

        Hi Errieda

        Baie dankie. Ek dink nie die brood hoef noodwendig asyn in te he nie. Dit was blykbaar wat die dametjies gese het maar wou nie die resep gee nie. Glowaar ‘n familie geheim…

        Lekker naweek!

        Groete

        Jurie

  17. Jurie November 27, 2012 at 4:00 pm #

    Hi Errieda

    Hoop jy kan help. Ek is opsoek na ‘n Brood resep wat iemand eendag op RSG gehoor het op Huiskok/Glanskok wat vrydagoggende uitgesaai word. Jy het blykbaar die resep gegee.

    Die resep bevat blykbaar “visolie” soos dit destyds bekend gestaan het. Daar was ‘n Coffee Shop in Kaapstad met die naam van “Appetite” wat so ‘n brood gebak het wat hulle gebruik het vir die toebroodtjies wat hulle verkoop het.

    Hulle wou egter nooit die resep uitgee nie.

    Kan jy my dalk help met die/jou resep?

    Baie dankie vir jou moeite en hulp!

    Groete
    Jurie Venter

    • huiskok November 30, 2012 at 9:55 am #

      Hi Jurie, hierdie betrokke resepklink nie na een wat ek gemaak het nie; maar kan jy meer vertel van die broodjie; ek het dalk vir jou iets soortgelyks. Was dit volgraan, en met sade dalk?

      • pietra67 November 30, 2012 at 10:23 am #

        Goeie more Errieda. Baie dankie dat jy teruggekom het na my.

        Al wat ek weet is dat daar blykbaar olie, asyn en bruinsuiker in kom saam met margarine, sout, meel water en yeast. Dit was ‘n bruin brood maar het nie sade ingehad nie. Die brood is baie “moist” en “solid”. Hoop dit help?

        Groete
        Jurie

      • Jurie Venter November 30, 2012 at 10:57 am #

        Goeie more Errieda

        Baie dankie dat jy teruggekom het na my toe.

        Blykbaar is daar olie, asyn en bruinsuiker in saam met margarine, sout, meel water en yeast.

        Dit is ‘n bruin brood wat baie “moist” en “solid” is. Die kors is ook nogal “crunchie”. Beste manier wat ek dit kan beskryf.

        Daar is nie sade in die brood nie. Dit is werklik die beste brood wat ek nog ooit ge-eet het.

        Hoop bogenoemde help. Baie dankie vir jou hulp.

        Lekker dag verder.

        Jurie

  18. Mama Miyuki Easy Pantsy October 20, 2012 at 9:19 am #

    Your blog have inspired me and therefore I am passing the Inspiring Blog Award. Please visit http://cookingwithmamamiyuki.wordpress.com/2012/10/20/inspiring-blog-award/ to see the rules

  19. Danie Erasmus October 18, 2012 at 10:04 pm #

    Errida, ek nooi 50 mense na my 60ste verjaardag volgende maand. Ek wil graag ‘n Mongoolse braai aanbied maar ek weet nie die hoeveelhede van die soorte vleise ek moet aanskaf om die 50 mense lekker te laat eet nie. Kan jy dalk help asb.

    Dankie

    Danie Erasmus

    • huiskok October 22, 2012 at 10:45 am #

      Dis ‘n uitstekende manier om ‘n groot klomp mense kos te gee – en ekonomies omdat jy baie groente en noedels saam met dit gebruik. Die verskeidenheid vleis sou ek ‘n keuse uit hoender; vark; bees en selfs volstruis aanbeveel. As jy wil kan jy ook garnale en calamari gebruik, maar dit maak dit duurder.
      Die geheim is om die vleis so dun as moontlik te sny (dit help om die vleis halfpad te vries en dan baie dun te sny).
      Hoeveelhede: 120 g vleis per persoon behoort voldoende te wees, omdat die vleis hier soos roerbraai gesien word.

  20. lida October 12, 2012 at 10:10 am #

    Hallo Errieda, ek wil graag aan jou kompetisie deelneem, maar het jou e-pos adres gemis. Sal bly wees as jy dit vir my kan stuur. Ek geniet julle insetsel baie.

    • huiskok October 12, 2012 at 10:31 am #

      Hi Alida, baie dankie. Ek stuur vir jou ‘n epos. Groete Errieda

  21. Louise Grobler July 25, 2012 at 9:40 am #

    Hi Errieda,

    Baie dankie vir jou antwoord op my e-pos en vraag oor verskillende tegnieke. EK wonder nog steeds met watter kombuis “utensil” room mens botter en suiker saam is dit a) met ‘n klitser, b) met ‘n houtlepel of c) met ‘n gewone metaallepel???? Dalk doen ek dit al die jare verkeerd. Ek luister graag na jou op RSG en geniet dit om jou resepte te maak en dit werk rêrig, haat dit om my kosbare tyd (ek werk voltyds)en geld te mors op resepte wat nie werk en my gesin glad nie van hou nie.
    Groete

    • huiskok August 3, 2012 at 6:21 am #

      Ek verkies om die botter en suiker met ‘n houtlepel te room; ‘n metaallepel gaan nie effektief wees nie. Jy kan wel ‘n klitser gebruik vir tydbesparing.

  22. Erika July 3, 2012 at 1:41 pm #

    Hi Errieda
    Jou naam so besonders soos jou resepte!
    Ek is opsoek na ‘n sagte, lig van kleur heuning fudge resep, iets soos wat jy by Dischem koop. Kan jy dalk help/epos?

    ERIKA

  23. Louise Grobler June 26, 2012 at 8:24 am #

    Hi Errieda, ek wil graag weet wat is die verskil tussen die volgende: om botter en suiker te room (hoe gaan mens te werk) en hoe klop mens ‘n mengsel, en as die resep sê klits dan verstaan ek dit is met ‘n handklitser of elektriese klitser. My dogter is in Gr12 en het Verbruikers en ek het haar probeer help en wil haar graag reg leer toe sê haar onderwyseres nee sy doen dit verkeerd. Kan jy my help asb. met wat is die verskil in die tegnieke?

    Groete
    Louise Grobler Lichtenburg

    • huiskok June 26, 2012 at 8:59 am #

      Wat n interessante vraag. Ek verstaan klop as ‘n tegniek wat met ‘n houtlepel gedoen word. Klits is spesifiek met ‘n klitser, of dit nou ‘n handklitser of elektriese klitser is. Maar laat ek eerder bietjie meer akademies daarna kyk en na jou toe terugkom. My dae van huishoudkunde-juffrou is lankal verby.

  24. alta June 21, 2012 at 11:29 am #

    More Eerieda, Ek is mal oor jou rsg. oggend saam met Martilies. Ek soek al so lank na jou Ciabata brood resep maar kry dit nerens. Stuur dit vir my asb. by transoilcc@mweb.co.za as jy kan. Baie dankie Alta. Dankie vir al die heerlike resepte

    • huiskok June 21, 2012 at 11:31 am #

      Hi Alta, op die blog is ‘n paar resepte. Ek stuur vir jou apart nog een.

  25. Glenda von Benecke June 8, 2012 at 8:22 pm #

    Please send me the Curry recipe you spoke about on RSG on Friday 7 June betwwen 9 and 10 am. It sounded delicious and would love to try it!
    Thank you very much
    Glenda von Benecke

    • huiskok June 9, 2012 at 9:48 am #

      I have sent to your email address – look out for it. I made the Korma last night and it was very well received.

  26. Liefie Du Plessissmithall August 20, 2011 at 11:38 am #

    Hello Errieda……gaan jou blog geniet!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 411 other followers

%d bloggers like this: