Op die vooraand van Paas Vrydag 2017 bekyk ek weer ‘die verhaal van ons piekelvis.
“Eers bak ek my vis af, dan kom die sous met die ywe oor.”
(Annie Scharneck, ma, ouma, huiskok van Kleinvlei op die Kaapse Vlakte )
Ek kry geelstert by my broer Theo – uit sy viswinkel in Lion Square, Somerset-Wes.
Hier skuins voor Goeie Vrydag staan ek op die drumpel van ‘n nuwe kamer in my huis van kos. Hierdie is die eerste in die reeks ‘Die Kos wat ons Ken’ wat familie uitlê van geregte en bestanddele wat ou bekendes op my tuistafel is.
Ons begin met piekelvis, een van die oudste Kaapse visgeregte; en te oordeel aan die huiskokke met wie ek oor piekelvis gepraat het die afgelope ruk, ook een van ons mees geliefde erfkos-resepte. Vir alle praktiese doeleindes is ingelegde vis, piekelvis of kerrievis dieselfde ding – lae vis met lae uireringe wat met soetsuur speserypiekel deurweek is. Piekelvis was eeue gelede, volgens koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche…
View original post 2,453 more words
Leave a Reply