Brandnetel- en roomkaas ‘rarebit’ met okkerneute

24 May

Die een mens se onkruid is die ander se kos.

CD8B68A3-C763-49E0-8B8F-A9A1E9D6D831Ek onthou nog as kind die geniepsigheid van brandnetel teen my bene en die hale wat so lê. Deesdae sien ek dit so min dat ek eintlik verlang na die sensasie.

, wanneer ek dit in die hande kry (die een se kos is die ander se onkruid), maak ek Brandnetelsop, pesto, pasta met hierdie helder groen blare. En hierdie rarebit-variasie:

000650C0-FD78-4226-8E9E-DE26D8039010Die geheim om die brandhaartjies te tem en die kleur te behou is om kookwater oor te gooi en te verfris met yswater.

Druk water uit die brandnetel, kap fyn, geur met sout, peper en heelwat neutmuskaat.

Meng met roomkaas, mosterd en gerasperde kaas (ek het fontina gebruik) en gekapte okkerneute.

Skep op geroosterde snye goeie brood, rasper nog kaas oor en titsel neutmuskaat. Plaas onder roosterelement tot die kaas begin borrel.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: