About

Hi, I’m Errieda du Toit,  food lover from Cape Town,  the Huiskok (home cook) of the radio station RSG & an obsessive cookbook collector and recipe magpie.

I am the content producer: food for the reality tv series Kokkedoor and probe nostalgia and food in a cultural context. I authored the Kokkedoor cookbooks and also Masterchef SA-The Cookbook. I write mostly in Afrikaans, my mother tongue – a language rich in expression. image

Nou dat ek die kans het om oor myself te vertel: 

Ek en my man Ian woon en werk saam in Welgemoed, omring met  ‘n mengelmoes kuns, kuiergaste, hope kookboeke. My kosskrywery, 10 kookboeke en betrokkenheid by Kokkedoor en Masterchef SA  (inhoudsvervaardiger: kos) is nog ‘n manier om my kosliefde uit te leef.

Van waar die skryflus: My skryflus kom van kleintyd, met Ma Inez Espost wat self haar kroos se slaaptydstories en liedjies geskryf het. Dit het my verbeeldingswêreld geprikkel, so ook my liefde vir woorde en stories vertel. Die kósliefde het ek ook by my ma geërf. Ek erf ook die vergeelde  resepteboekies wat haar pa (my Oupa Moller) as trousseau vir haar saamgestel het in sy keurige onderwyserhandskrif – hoe om heerlikhede soos afval, kweperlekkers en koeksisters te maak.  Van ander oupa, ‘n Esposito van Italië, kry ek my vurige temperament en liefde vir die Mediterrene.

Mymerkos en kontreiskryfkuns: Ek droom van ‘n sabbatsreis waar ek  die cuisine du  terroir  –  die unieke kostaal van ‘n kontrei kan bestudeer soos veldkool van die Weskus en kambro uit die Karoo; brood uit  ‘n bakoond op ‘n trekboerroete in die Sederberge.

Ander belangstellings: My versameling kookboeke groei by die dag. Daar is boeke op die bedkassie, in die sitkamer, op die ou tweepoot-tafel in die voorportaal, dit stroom oor my tuiskantoor se lessenaar, lê op voetstoele en voor kaggels, in hopies langs ‘n ou leunstoel, tot in die kleinhuisie.  Ek is gefassineer deur kos en geheue, en kos in ‘n kulturele konteks.

Genoeg oor my – kom ons praat eerder oor kos. 

95 thoughts on “About

    1. Meng 250 ml koekmeel, 7,5 ml bakpoeier, 1,5 ml sout en lepel droë pietersielie. Vryf 30 ml botter in. Meng 160 ml water by en drup lepelsvol beslag in die pruttelde sop of bredie. Bedek en prut 15-20 minute.

  1. goeie dag errieda
    vertrou jou dag loopmooi
    stuur asb jou kontak besonderhede aan
    ek direk met jou kan kontak kan maak
    groete
    dr abri a cilliers

  2. Dag Errieda, ik heb twee jaar in Zuid-Afrika gewoond en ik hou binnenkort een Zuid-Afrikaanse avond voor mijn vrienden in Vlaanderen (België). Ik was gek op de samoosas die je overal op iedere straathoek kon kopen, dus dat ga ik maken als hapje/voorgerechtje. Ik zoek nog naar een recept voor bobotie maar ik vind dit niet terug op jou blog? Ik dacht dat dit typisch Zuid-Afrikaans was?

    1. Wat ‘n wonderlike idee van ‘n Suid-Afrikaanse aand. Ek het al soveel artikels in koerante en tydskrifte oor bobotie geskryf- ek sal sou gou as moontlik ‘n blog daaroor doen. Die artikels is agter media se ‘paywalls’-stuur jou e-Pos adres aan my by Errieda@edtpr.co.za – dan deel ek ‘n resep van my en een van my Kaaps-Maleise vriendin. Dan kan jy begin beplan!

    1. Marita, Dis ‘n vars kaas wat jy maak deur jogurt in kaasdoek te laat hang – hoe meer vog uitdrup hoe fermer raak die kaas. Die Hollanders praat van hangop kaas, in die Midde-Ooste bekend as labneh.

  3. Hallo Erieda ek wil graag wortelkoek maak maar sukkel om okkerneute te kry. Die wat het wil plaas se prys daarvoor he. Kan jy miskien help, GROOT asb.

  4. Hi Errieda, ek maak al jou resepte! Soek nou dringend na die Agrodolce-geelperskes en hoenderlwertjies resep waarna jy verwys in VERSNIT 19 Februarie. Jou hele blog deursoek, maar vind dit nie. DIt klink absoluut heerlik!

  5. Hallo, Erieda, dit is Miemie du Plessis bestuurder van die kinderboekafdeling van LAPSA Uitgewers in Pretoria. Ek wil navraag doen oor boekregte vir Kokkedoortjie asseblief. Groete

  6. Hallo Errieda, ek het ‘n vraag oor Ian se Vrybrood in in jou boek Tuistafel, asseblief. Die resep vra 10 ml kitsgis – moet dit korrelgis wees, of is die kitsgis korrek? My resultate was helaas droewig.
    Dankie!

  7. Hallo Errieda
    Ek lees kranig jou resepte. Ek vrek oor brood en het onlangs weer vir my n broodmasjien aangeskaf. Vanoggend se sjok-lemoen-bier brood in Die Burger lyk heerlik. Is daar n manier om dit in n broodmasjien te bak?

    En miskien onthou jy my … ons het in die 90’s saam by Santam gewerk!

    Groete

  8. hallo Elrieda ek geniet jou program en resepte op RSG ek kon vandag nie jou spriet ui resep neerskryf nie groot asb. my E Mail is.
    j.daff@ vodamail.co.za
    Mag jy n sonskyndag geniet.
    Johannes

    1. Hi Johannes, ek het die resep probeer stuur, maar my e-posstelsel wil nie die eposadres aanvaar nie. Ek beveel aan dat jy die resep op hierdie blog kry.

  9. Hallo Erieda

    Ek sukkel om ‘n resep vanaf RSG te kry. Hulle het laas jaar in Junie of Julie ,n gas gehad op oggend op RSG en ek was onder die indruk dat dit iemand anders was maar hulle almal se hulle weet nie waarvan ek praat nie ek moet maar vir jou kontak.

    Hulle het ,n resep gegee vir die tradisionele Portugese vla tertjie ( Ek weet nie wat die regte naam is nie) Weet jy dalk daarvan of het jy die program aangebied?

  10. Hi Errieda, please could you send me your email address? I’d love to chat to you about a new cookbook we have coming out called Sweet by Sam Linsell and about our cookbooks in general. Looking forward to hearing from you!

    Best,

    Jean

    1. Mara, jy gebruik net eiergele vir die deeg. Kyk asseblief vir die resep op my blog – hier is alles korrek – daar is uitsie met die uitrol van die RSG resep wat ek beter verduidelik op my blog. Liefdegroete en ek hoop daar is nog tyd vir die maak van die tert.

  11. hi errieda

    ek is nie ‘n goeie bakster nie maar ek hou daar van om nou en dan iets niets te probeer dit is seker nou ‘n dom vraag maar wat is die verskil tussen meelblom en meel ek wil probeer om die skilfer kors te maak ” tall order” vir my maar ek hou van uitdagens

    dankie

    Lynette

  12. Hallo Errieda

    Daai speelse tjoklit- en koffie lae-halskoek van jou…

    Wat my van jou metode opval, is die “Laat koek heeltemal afkoel in die pan voor dit uitgehaal word”.

    Is dít nie ‘n bydraende faktor tot die “klamheid” daarvan nie? Ek onthou so skalksweg dat my gade haar tjoklitkoeke op waspapier of so-iets (wens nou ek het beter opgelet) in die ondestebo koekpan vir selfs ‘n dag of wat laat rypword.

    Of speel my nostalgie nou kul-jou-hier, kul-jou-daar met my?

  13. Hello Errieda
    Ek is n fan van jou projekte en volg jou op twitter. Ons het onlangs van Gauteng na jou omgewing getrek. Ek het gewonder of jy asb aanbevelings kan maak oor n bakkery en slaghuis en waar mens goeie kwaliteit vis en groente en vrugte kan koop. Dankie

    1. Hi, baie welkom in ons kontrei! Welgemoed omgewing? Ek besoek die Winelands Deli in Kenridge vir alles wat interessant en lekker is. Vir Koek gebak is Treat langs Skaapland in Highstreet die beste. Broodbakker afhangende van waar jy is, maar Vineyard deli het baie lekker brode wat hulle inkry. Daar is ‘n bakkery in Durbanville se middedorp wat goed is, maar ekself ry nie so ver in nie. Ek laat weet as ek iets kry.

      1. Baie dankie dat jy so vinnig geantwoord het. Was by Vineyard deli en dis inderdaad n wonderlike plek. Sal Treat volgende probeer. Waar is Winelands deli? Kry dit nie gegoogle nie.

  14. More Errieda,ek hoop jy kan my help.Ek is op soek na n resep vir malvapoeding met wyn in.Ek het op Kokkedoor gehoor van di verskil met Jan Ellispoeding.Ek kry net resepte wat port of amaroela likeur inkry.Baie dankie Annarie vd Westhuizen

    1. HI Annarie, jy kan die port of amarula in die sous vervang met skeutjie brandewyn, dan het jy n tradisionele malvapoeding! Ek het nog nie een gemaak met wyn in die sous nie, maar jy sal n bietjie soetwyn kan gebruik. Droee witwyn gaan nie werk nie.

  15. Errieda jy het die vermoë om met woorde te skilder en jou resepte laat my die riel dans. Jy is begaaf, kunstig wêreld klas in als wat jy doen. Jou hart is so groot soos Tafelberg en dit is ń voorreg om jou te ken.

  16. Goeie more Errieda,
    Ek het onlangs ‘n “snackle” yster in die hande gekry. Ken jy dit? Daar is 3 soliede vormpies (driehoek, vierkant en sirkel) aan ‘n yster arm. Mens doop die vormpies in ‘n beslag en dan dadelik in warm olie. Wanneer dit gaar is, haal mens dit versigtig af, laat afkoel en dan vul jy dit met bv kerriemaalvleis. Ek weet my ouma het dit gemaak… My vraag is, indien jy dit ken, watter soort beslag moet ek gebruik. Defnitief nie ‘n pannekoek een nie, dit het nie gewerk nie. Hoop jy kan help. Dankie vir jou lekker rsg inspirasies!

    1. Ek ken die yster, maar het jare laas so iets gemaak. Probeer ‘n ietwat dikker beslag, tussen pannekoek en plaatkoekies. Speel maar rond en laat weet.

      1. Ek het di snackle doppie resep vi jou Wat saam met di yester gekom het.
        1eier
        125ml water
        125ml melk
        Klits alles saam
        250ml koek eel
        1 ml sout
        1 ml Peper
        Klits alles saam maak seeker daar is geen klonte in.
        Maak jou yster warm in di olie druk in meel beslag,Dan weer in oli en braai tot gaar.
        Jamr so laat maar vandag eers op dit afgekom.
        Ek gebruik Myne bitter baie.
        Daai beslag maak so 60 doppies
        Grte carine

  17. Hello Errieda wat ‘n heerlikheid om op jou blog af te kom. Ek gaan dit onmiddelik wyd en syd deurgee. Linda

  18. Hi Errieda, ek wou net dankie sê vir jou lekker AFRIKAANSE blog! Ek kyk na soveel blogs (meestal Engels) en joune is so verfrissend. Jy gebruik jou taal net soos jou bestanddele – met oemf en genot! Heerlik!
    Marianne Thiede.

    1. Marianne, dankie vir die wonderlike pluimpie. Dis vir my so belangrik dat daar op die internet in Afrikaans oor kos gesels word. Dis immers die taal van my tong en van my maag!

  19. Goeie dag Errieda

    Dit was behoorlik lekker om jou in lewende lywe te ont,oet. Sal jou graag iets wil vra maar nie op jou blog nie. Kan jy my dalk epos dan sodat ek my vra dan kan teug epos. Dankie

    Delia

  20. Goeie middag, ek het vanoggend jou “brownie” resep gehoor op die radio maar was in die kar en kon dit nie neerskryf nie. Is dit moontlik om dit aan my te epos. Baie dankie. Elma Turk

    1. Hi Jurie, niemand ken die betrokke resep nie. Ek het wel gister uiteindelik ‘n resep opgespoor waarin daar ‘n bietjie asyn kom wat ‘n effek het op die rys. Ek moet dit nog oortik. Dit is geensins dieselfde resep nie, maar gee jou ten minste iets om mee te speel.

  21. Goeie more Errieda

    Baie dankie dat jy teruggekom het na my toe.

    Blykbaar is daar olie, asyn en bruinsuiker in saam met margarine, sout, meel water en yeast.

    Dit is ‘n bruin brood wat baie “moist” en “solid” is. Die kors is ook nogal “crunchie”. Beste manier wat ek dit kan beskryf.

    Daar is nie sade in die brood nie. Dit is werklik die beste brood wat ek nog ooit ge-eet het.

    Hoop bogenoemde help. Baie dankie vir jou hulp.

    Lekker dag verder.
    Jurie

      1. Hi Errieda

        Baie dankie. Ek dink nie die brood hoef noodwendig asyn in te he nie. Dit was blykbaar wat die dametjies gese het maar wou nie die resep gee nie. Glowaar ‘n familie geheim…

        Lekker naweek!

        Groete

        Jurie

  22. Hi Errieda

    Hoop jy kan help. Ek is opsoek na ‘n Brood resep wat iemand eendag op RSG gehoor het op Huiskok/Glanskok wat vrydagoggende uitgesaai word. Jy het blykbaar die resep gegee.

    Die resep bevat blykbaar “visolie” soos dit destyds bekend gestaan het. Daar was ‘n Coffee Shop in Kaapstad met die naam van “Appetite” wat so ‘n brood gebak het wat hulle gebruik het vir die toebroodtjies wat hulle verkoop het.

    Hulle wou egter nooit die resep uitgee nie.

    Kan jy my dalk help met die/jou resep?

    Baie dankie vir jou moeite en hulp!

    Groete
    Jurie Venter

    1. Hi Jurie, hierdie betrokke resepklink nie na een wat ek gemaak het nie; maar kan jy meer vertel van die broodjie; ek het dalk vir jou iets soortgelyks. Was dit volgraan, en met sade dalk?

      1. Goeie more Errieda. Baie dankie dat jy teruggekom het na my.

        Al wat ek weet is dat daar blykbaar olie, asyn en bruinsuiker in kom saam met margarine, sout, meel water en yeast. Dit was ‘n bruin brood maar het nie sade ingehad nie. Die brood is baie “moist” en “solid”. Hoop dit help?

        Groete
        Jurie

      2. Goeie more Errieda

        Baie dankie dat jy teruggekom het na my toe.

        Blykbaar is daar olie, asyn en bruinsuiker in saam met margarine, sout, meel water en yeast.

        Dit is ‘n bruin brood wat baie “moist” en “solid” is. Die kors is ook nogal “crunchie”. Beste manier wat ek dit kan beskryf.

        Daar is nie sade in die brood nie. Dit is werklik die beste brood wat ek nog ooit ge-eet het.

        Hoop bogenoemde help. Baie dankie vir jou hulp.

        Lekker dag verder.

        Jurie

  23. Errida, ek nooi 50 mense na my 60ste verjaardag volgende maand. Ek wil graag ‘n Mongoolse braai aanbied maar ek weet nie die hoeveelhede van die soorte vleise ek moet aanskaf om die 50 mense lekker te laat eet nie. Kan jy dalk help asb.

    Dankie

    Danie Erasmus

    1. Dis ‘n uitstekende manier om ‘n groot klomp mense kos te gee – en ekonomies omdat jy baie groente en noedels saam met dit gebruik. Die verskeidenheid vleis sou ek ‘n keuse uit hoender; vark; bees en selfs volstruis aanbeveel. As jy wil kan jy ook garnale en calamari gebruik, maar dit maak dit duurder.
      Die geheim is om die vleis so dun as moontlik te sny (dit help om die vleis halfpad te vries en dan baie dun te sny).
      Hoeveelhede: 120 g vleis per persoon behoort voldoende te wees, omdat die vleis hier soos roerbraai gesien word.

  24. Hallo Errieda, ek wil graag aan jou kompetisie deelneem, maar het jou e-pos adres gemis. Sal bly wees as jy dit vir my kan stuur. Ek geniet julle insetsel baie.

  25. Hi Errieda,

    Baie dankie vir jou antwoord op my e-pos en vraag oor verskillende tegnieke. EK wonder nog steeds met watter kombuis “utensil” room mens botter en suiker saam is dit a) met ‘n klitser, b) met ‘n houtlepel of c) met ‘n gewone metaallepel???? Dalk doen ek dit al die jare verkeerd. Ek luister graag na jou op RSG en geniet dit om jou resepte te maak en dit werk rêrig, haat dit om my kosbare tyd (ek werk voltyds)en geld te mors op resepte wat nie werk en my gesin glad nie van hou nie.
    Groete

    1. Ek verkies om die botter en suiker met ‘n houtlepel te room; ‘n metaallepel gaan nie effektief wees nie. Jy kan wel ‘n klitser gebruik vir tydbesparing.

  26. Hi Errieda
    Jou naam so besonders soos jou resepte!
    Ek is opsoek na ‘n sagte, lig van kleur heuning fudge resep, iets soos wat jy by Dischem koop. Kan jy dalk help/epos?

    ERIKA

  27. Hi Errieda, ek wil graag weet wat is die verskil tussen die volgende: om botter en suiker te room (hoe gaan mens te werk) en hoe klop mens ‘n mengsel, en as die resep sê klits dan verstaan ek dit is met ‘n handklitser of elektriese klitser. My dogter is in Gr12 en het Verbruikers en ek het haar probeer help en wil haar graag reg leer toe sê haar onderwyseres nee sy doen dit verkeerd. Kan jy my help asb. met wat is die verskil in die tegnieke?

    Groete
    Louise Grobler Lichtenburg

    1. Wat n interessante vraag. Ek verstaan klop as ‘n tegniek wat met ‘n houtlepel gedoen word. Klits is spesifiek met ‘n klitser, of dit nou ‘n handklitser of elektriese klitser is. Maar laat ek eerder bietjie meer akademies daarna kyk en na jou toe terugkom. My dae van huishoudkunde-juffrou is lankal verby.

  28. More Eerieda, Ek is mal oor jou rsg. oggend saam met Martilies. Ek soek al so lank na jou Ciabata brood resep maar kry dit nerens. Stuur dit vir my asb. by transoilcc@mweb.co.za as jy kan. Baie dankie Alta. Dankie vir al die heerlike resepte

  29. Please send me the Curry recipe you spoke about on RSG on Friday 7 June betwwen 9 and 10 am. It sounded delicious and would love to try it!
    Thank you very much
    Glenda von Benecke

Lewer kommentaar op Glenda von Benecke Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.