Wanneer laas het my by ‘n eetplek ingestap en totaal verlief geraak? Sommer al op ‘n wasgoedlyn vol outydse teemussies.
Love at first sight vir my was The Kitchen in Woodstock. Lankal ‘n bewonderaar van Karen Dudley se kookboeke, het sy in lewende lywe en die warm happiness van The Kitchen my oorrompel. Sy het vir Ian ‘n Love Sandwich aangebied en vir my die lekkerste bord slaaie – Ottolenghi sal mal wees oor haar kos. Die plekkie is uniek in karakter, met soos die omgewing. Nie ‘n enkele gram pretensie nie. Ek is so bly dis ‘n stukkie Kaap wat Michelle Onama ‘n paar jaar gelede kom ervaar, al het sy my voorgespring.
Leave a Reply