Die een mens se onkruid is die ander se kos.
Ek onthou nog as kind die geniepsigheid van brandnetel teen my bene en die hale wat so lê. Deesdae sien ek dit so min dat ek eintlik verlang na die sensasie.
, wanneer ek dit in die hande kry (die een se kos is die ander se onkruid), maak ek Brandnetelsop, pesto, pasta met hierdie helder groen blare. En hierdie rarebit-variasie:
Die geheim om die brandhaartjies te tem en die kleur te behou is om kookwater oor te gooi en te verfris met yswater.
Druk water uit die brandnetel, kap fyn, geur met sout, peper en heelwat neutmuskaat.
Meng met roomkaas, mosterd en gerasperde kaas (ek het fontina gebruik) en gekapte okkerneute.
Skep op geroosterde snye goeie brood, rasper nog kaas oor en titsel neutmuskaat. Plaas onder roosterelement tot die kaas begin borrel.
Leave a Reply