Thai op die Braai met sappige hoenderborsies en pynappel-groondboontjiesalsa

2 Mar

Hoenderborsies is so ‘n werksesel in die Kombuis, nie eintlik iets wat baie inspirasie bied nie en met ‘n reputasie dat dit maklik droog is. Dié snit staan ook gewoonlik terug as daar gebraai word wanneer die tjops en wors koning kraai. Dink weer.

Hierdie resep stel dinge reg vir die ekonomiese snit. Die borsies kry dwars kepe in wat die marinade laat intrek, gouer gaar word en mooi lyk daarby. Eet dit met die salsa, maak ‘n bak rys daarby of bedien dit met roti of Chinese pannekoekies.

Thai hoenderborsies op die braai met pynappel-en grondboontjie-salsa

4 hoenderborsies, vel aan, been in

Marinade

2 sitroengras-stingels, fyngekap

2 rooi brandrissies, pitte verwyder en op gekap

3 knoffelhuisies, gekneus 

2,5 cm vars gemmer, fyngekap

30 ml sagte bruinsuiker

45 ml opgekapte vars koljander 

150 ml klappermelk

Salsa

1 klein pynappel, geskil en fyngekap

1 klein rooiui, gekap

45 ml vars lemmetjiesap 

1 knoffelhuisie, gekneus

15 ml ligte sojasous

30 g geroosterde, ongesoute grondboontjies, gekap

Metode

Sny drie kepe aan die bokant van die hoenderborsies. Pak dit in ‘n vlak bak.

Plaas al die marinade-bestanddele in ‘n voedselverwerker en verwerk to glad, giet oor die hoender, bedek en marineer vir 90 minute.

Voeg al die salsa-bestanddele in ‘n bak.

Dreineer die marinade van die hoender, en hou die marinade. Braai die hoender vir sowat 25 minute.

Verhit die marinade sous en bedien saam met die hoender. Bedien met lemmetjiewiggies.

Foto’s en stilering: Errieda en Ian Du Toi

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: