Hiert, jou mieliepit! Mielie-viskoekies & pynappelsalsa

20 Aug

Mieliepit-viskoekies met pynappelsalsa

Nog bietjie onder die invloed van vars pynappels en soeke na ander moontlike dansmaats vir die steekse vrug, het ek bietjie in my spens van kosherinneringe gaan krap…. en op ‘n blikkie mielies-met-pit afgekom.

Ek is dol oor mieliekoekies gemaak met mieliepitte uit ‘n blik  wat my ma  Inez altyd vir ons  op ‘n Sondagaand gemaak het saam met viskoekies. Hierdie resep met sy lekker balans van byt, tekstuur en Thai-geure kombineer mielies en vis in een gereg – smaaklik en  laevet. Die mieliepit-viskoekies word met vars pynappelsalsa bedien.

Maak die viskoekies deur die volgende saam te meng in ‘n voedselverwerker:

750 g witvis filette, 1 eier, 1 E gerasperde vars gemmer, 1 groot vars rooi rissie (pitte verwyder en opgekap), 2 opgekapte knoffelhuisies, 2 opgekapte slaaiuie, handvol vars koljanderblare, gerasperde suurlemoen- of lemmetjieskil, 1 t vissous (as jy nie vissous het nie, geur goed met sout en peper).

Pols dit net liggies tot goed gemeng.

Plaas die mengsel in ‘n mengbak en roer ‘n blikkie mieliepitte en 1 koppie gekookte jasmynrys by. Die mieliepitte gee ‘n heerlike tekstuur en byt aan die koekies.

Vorm die viskoekies – so 2 E op ‘n slag in bolletjies en druk dit effe plat. Maak 1 t grondboonolie of sonneblomolie warm in ‘n kleefvrye pan en braai die mielie-viskoekies tot mooi goudbruin en gaar.

Sit dit voor met ‘n salsa gemaak van ‘n halwe pynappel fyn opgekap, gerasperde suurlemoen- of lemmetjieskil en 1 vars opgekapte rooi brandrissie….. en as jy eerder ‘n slaai wil maak as salsa – nou’s jou kans om feta saam met pynappel te laat langarm dans.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: