Pikgitswart-sjokoladekoek met Shiraz-glasuur en brame

31 Jan

Ek kon die blink, diepdonkerbessies nie weerstaan nie. Dis soos verdere goeie verjaarsdagwense vir my man: …. “Mag jou sjokoladekoek vanjaar oorloop van rooiwyn-sjokoladeversiersel en blink brame.” 

A dark as night choc cake with shiraz glaze and black berries

 

Dit het al ‘n instelling geword dat ek ‘n spesiale verjaarsdagkoek vir my man Ian maak – iets met sjokolade, sy gunsteling smaak. Verlede jaar het dinge nie uitgewerk nie, want ek was platgetrek deur ‘n maagvirus op sy verjaarsdag …. toe wys ek maar vir hom ‘n foto uit die boek van die formidabele koek wat ek vir hom SOU bak. Vanjaar moes ek opmaak.

Almal wat vir Ian goed ken, weet dat hy dol is oor goeie sjokolade, en spesifiek donker sjokolade. Al vries ek die sjokolade om dit van hom weg te hou, sal hy dit uitsnuffel (en net so koud daaraan knibbel). Hy hou dit in sy lessenaar laai en dit word duidelik gemaak dat dit SY rantsoene is. slice dark as night choc cakeshiraz glaze and black berries Cropped IMG_2535 Small Hierdie donker-soos-die-nag koek kry die heerlikste, selfs ‘n dieper-dieper donker sjokolade glasuur oor wat rooiwyn inkry.  Die koek en  glasuur ingereken kom daar VIER plakke sjokolade in. Weelderig. Duur ja, maar tuisgemaak is ‘n weelderige koek steeds goedkoper as ‘n winkelkoek.  En Ian het die mengbak en die klitser kon aflek: die lekkerste deel van sy geskenk.

aa Ian lek sjokoladeklitser af

IAN SE VERJAARSDAGKOEK

Sjokoladekoek

1 koppie (115 g) ongesoute botter, in blokkie

1/3  koppie koekmeel

250 g donker sjokolade

1 koppie suiker

4 eiers

¾ t sout

Voorverhit die oond tot 165 C. Smeer ‘n 23 cm losboom-koekpan liggies met botter en bestrooi met meel. Verhit die sjokolade, suiker en botter in ‘n bak bo-oor ‘n kastrol liggies kokende water sonder dat die book van die bak aan die water raak. Roer dit die sjokolade so te sê gesmelt is, ommenby 3 minute. Haal van die plaat af en hou aan roer tot die sjokolade gesmelt is. Laat die mengsel heeltemal afkoel (ek sit die bak  in ‘n wasbak met koue water).

Met ‘n elektriese klitser (medium spoed), voeg die eiers een vir een by – klits na elke byvoeging net goed om om dit deur te meng. Sodra al die eiers bygemeng is, klits tot die mengsel soos ‘n mousse is. Klits stadiger en voeg die sout en die 1/3 koppie meel by. Meng dit net goed deur. Skep die deeg in die gesmeerde pan.  Bak tot die bokant ferm is en die rante so begin donker raak. Dit vat so tussen 55 tot 60 minute. Plaas op afkoelrak en laat heeltemal koud word voor jy dit uitkeer.

Rooiwyn-sjokolade glasuur

250 g donker sjokolade

¼ k ongesoute botter

½ t sout

½ k strooisuiker

½ k rooiwyn

Vir afronding (opsioneel): donker bessies soos brame of moerbeie

Smelt die sjokolade, botter en sout in ‘n bak bo-oor kastrol lig-kokende water, roer aanhoudend tot dit gesmelt is en klits die strooisuiker by. Intussen, verhit  die wyn in ‘n kastrolletjie (moenie kook nie).   Haal sjokolademengsel van die plaat af en klits die wyn by. Laat die mengsel ‘n paar minute afkoel tot dit verdik.

Om te glasuur: Plaas die koek op die afkoelrakkie bo-op ‘n oondplaat of skinkbord om enige afloop glasuur op te vang. Smeer die glasuur oor die koek se bokant en laat dit toe om effe oor die kant te drup. As die glasuur te dik is, voeg ‘n paar druppels wyn by.  Laat dit vir 2 ure staan sodat die mooi blink glasuur kan stol.  Versier met brame net voor opdiening.

Jy kan die koek tot 2 dae voor die tyd maak . Verkoel dit, maar bedien dit teen kamertemperatuur en nie koud nie.

6 Responses to “Pikgitswart-sjokoladekoek met Shiraz-glasuur en brame”

  1. notsoskinnycook January 31, 2014 at 8:49 pm #

    Ai,nou gaan ek my tablet moet afvee soos my mond water! Ek is ook ‘n selfverklaarde sjokolis en hierdie lyk so reg in my kraal. Ek dink hierdie resep sal dalkies net gebruik word vir moreaand se braai vir poeding! Mens hoef mos nie te wag vir verjaar om sjokeladekoek te eet nie! Dan weer, ek kan sjokelade koek eet vir ontbyt…

    • huiskok January 31, 2014 at 10:24 pm #

      Dit sal heerlik wees na ‘n vleisie. Begin net betyds dat die koek kan afkoel. Laat weet as jy Dit gemaak het.

  2. sanette van der walt fourie January 31, 2014 at 12:59 pm #

    WoW Errieda hierdie koek oorskry die beskrywing vEr bokant wat jy beskryf het……..Ian,gelukkige man,geluk ook met jou Verjaardag gister!! Geniet,ek kwyl behoorlik!!

    • huiskok January 31, 2014 at 1:10 pm #

      Sanette, kyk ek is net ‘n huiskok-bakster, en leef maar so saam met die platval, krake en dinge saam wat op my pad kom. Maar hierdie koek het net al die pad saamgespeel. Natuurlik lewe die brame ‘n groot bydrae. Hulle lyk soos sequins op die koek. En jy kan maklik 14-16 snye uit die koek uitkry want dis baie ryk.

  3. poppie coetzer January 31, 2014 at 10:01 am #

    Hi Errida dit klink na n ongelooflike leke koek die kinders van saudi kom donderdag ek gaan hom vir hulle bak lovies
    Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

    • huiskok January 31, 2014 at 10:06 am #

      Hi Poppie, ek is so bly die kinders kom en ek hoop Oom Jan is baie beter. Geniet die koekbak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: