Hierdie klewerige varknek gegeur met steranys, vars gemmer en aromatiese Chinese 5-speserye het sy ikoon-status verdien. Dis een van die gewildste resepte in die Huiskok Glanskok kookboek – vir goeie rede. Min voorbereiding is nodig en dit smaak verruklik.
Die vleis tuimel sommer om homself in, so sag en sappig is dit.
Snip snip die toutjies, sny in skywe en eet. (foto deur Samarie Smith vir ons boek Huiskok Glanskok)
Moets liefs nie kortpaaie vat en sommer van die bestanddele uitlos nie. Elkeen is daar met ‘n doel. En dis dalk nou die ideale kans om by ‘n Chinese spesialiteitswinkel te gaan snuffel vir goed soos Chinese kookwyn. As jy nie die Chinese 5-speserye by ‘n betroubare handelaar kan kry nie (vra ook by Woolies) kan jy jou eie ook maak.
Klewerige Varknek
Die resep kom egter met ‘n waarskuwing: jou huismense en kuiermense gaan…
View original post 241 more words
Errieda, enige idee wat ek saam met die klewerige varknek kan bedien. Ek moet n klein porsie voorsit, maar wil darem nie net n skyfie vleis op bord sit nie. (Dis vir ons familie kersete en elkeen bedien n klein gang – ons trek al by 10 gange)
Hi Vicky, wat ‘n oulike gedagte. Ek sal dit hanteer soos Peking Duck – maw ‘n snytjie of slivers van die varkvleis opgevou in ‘n klein, dun pannekoekie met opgesnyde sprietui, en matchstick repies wortel. Of jy kan dit opvou met vars groenterepies saam met skeppie van die sous, selfs ‘n lepeltjie sushirys, in ‘n kropslaaiblaar. Jy kan vars koljander of basielkruid ook daarby sit.