
Wat hoef mens nou eintlik meer te sê as net dit: Gekrummelde eiervrug tjips met vinkel-en-koljander jogurt. Hier’s die resep.
Bedien 4 tot 6
10 ml koljandersade
10 ml vinkelsaad
2 eiervrugte
100 g koekmeel
5 ml fyn sout
2,5 ml swartpeper
3-4 eiers
150 g broodkrummels, tuisgemaak of panko-broodkrummels
10 ml sesamsaad (opsioneel)
Kookolie, vir diepbraai
Vir die vinkel-en-koljander jogurtdoopsous
5 ml koljandersaad
5 ml vinkelsaad
125 ml mayonnaise
200 g ongegeurde volroom jogurt
5 ml suurlemoensap
Stewige knypie soutvlokkies
Knypie swartpeper
Skroei eerstens al die koljandesade en vinkelsade (15 ml elk) saam in ‘n pan oor matige hitte vir ‘n paar minute tot aromaties. Versigtig, dit brand maklik. Maal of stamp fyn.
Maak die jogurtdoopsous: Meng 10 ml van die fyngemaalde saad en roer saam met die orige doopsousbestanddele. Verkoel.
Sny die eiervrug in dik skywe, 10 cm in lengte. Neem drie diepborde, plaas meel, sout en peper in die eerste bord. Klits die eiers in die tweede bord. In die derde bord meng die broodkrummels en orige vinkel-en-koljandermengsel. Doop repe goed in die meel en skud oortollige meel af; doop dan in die eier en druk laastens in die krummels om dit behoorlik te bedek.
Verhit die kookolie in ‘n kastrol oor matige hitte. Braai die eiervrugte in sarsies tot goudbruin, 2-3 minute. Dreineer op kombuispapier en sprinkel liggies met sout.
Foto: Ian Du Toit
Leave a Reply