Hierdie tyd van die jaar begin ek die vrugtekoekvlakke fyn dophou. Dit voel vir my terwyl daar nog vrugtekoek In die kas is, die Feestyd nog aanhou. Maar dit kom op ‘n punt waar net ‘n snytjie of twee oor is.
Om die lekker ‘n bietjie te rek (en te keer dat my huismense baklei oor die oorskietsnytjies) maak ek skons met hierdie Jamie-resep
Oorskietvrugtekoek–skons
80 g koue gesoute botter
20 g gedroogte bosbessies, grofgekap
Gerasperde skil van 1 lemoen
250 g bruismeel + ekstra vir strooi
2,5 ml gemengde speserye
30 g goue bruinsuiker
70 g oorskiet-vrugtekoek (sonder versiersuiker)
1 groot eier
60 ml melk, + ekstra vir oorverf
15 ml molasse/treacle
Voorverhit oond tot 200ºC/gas 6. Smeer ‘n bakplaat of voer uit met bakpapier.
Sny die botter in klein blokkies. Kap die bosbessies grofweg en rasper die lemoenskil.
Sif die meel en gemengde spesery in ‘n groot mengbak en roer die suiker by. Voeg die blokkies botter by en vryf met die vingerpunte In tot die mengsel soos fyn broodkrummels lyk.
Krummel die vrugtekoek en voeg dit saam met die bosbessies en lemoenskil by die meelmengsel, roer liggies deur om te meng.
Klits die eier saam met die melk, voeg dit by die meelmengsel en sny dit met ‘n stompneusmes In tot alles bymekaarkom In ‘n effe taai, sagte deeg. Vrou die molasse reg aan die einde deur.
Keer die skonsdeeg uit op ‘n meelbestrooide werksvlak. Rol uit met ‘n rolstok tot 2,5 cm dik en druk 8 rondtes met ‘n 5 cm koekiedrukker uit wat eers In meel gebruik word (moenie die koekiedrukker wikkel nie). Plaas dit Redelinghuys na aan mekaar op die bakplaat en bestryk liggies met melk. Bak tot mooi uit gerus en goudbruin, sowat 12 minute.
Eet warm of koud met roomkaas of creme fraiche en konfyt of met beleë cheddar.
Foto en stilering: Errieda en Ian Du Toit
Wenk: kyk gerus uit vir my nuwe kookboek SAAM (SHARE) met bykans 100 heerlike resepte vir gebak, huiskos en kuierkos wat ek uit gemeenskapskookboekies gekies het.
Groete,
Errieda
Leave a Reply