Cider hoender, gebraaide Granny Smith appels en mosterd-roomsous

31 Mar

Soms het ek net nie woorde nie en laat die kos die praatwerk doen, soos hierdie hoendergereg met sy Franse wortels.

Dis ‘n perfekte balans tussen klassieke metodes en die sintuiglike vreugde van drentel deur  ‘n appelboord. Laat ek eers die resep gee, dan vertel ek meer van my cider-flirtasie.

Cider- hoender met gebraaide appels en mosterd -roomsous 

  • 60 g botter, gekap
  • 1 groot vryloop hoender, opgesny in 8 stukke, of 8 – 12 hoenderdye- en boudjies
  • 100g spek (bacon), opgesny (ek verkies dik spek en sny dit in blokkies/lardons)
  •  2 uie, fyngekap
  • 330 ml cider/appelbier
  • 3 appels, geskil en in plomp wiggies gesny
  • 10 ml strooisuiker
  • 5 ml suurlemoensap
  • 30 ml Dijon mosterd
  • 250 ml room
  • Garnering: die klassieke ‘fines herbes’ (pietersielie, dragon, sprietuie en kerwil), of gebruik gekneusde fyngekapte roosmaryn

Verhit oond tot 170 ° C.

Smelt die helfte van die botter oor matige hitte in ‘n vuurvaste oondbak met ‘n deksel. Geur die hoender goed en verbruin sowat 2 minute aan ‘n kant. Haal uit en hou eenkant.

Voeg spek en uie by en braai liggies vir 6 minute terwyl jy nou en dan roer, tot dit goudbruin is en die uie sag en deurskynend is. Plaas die hoenderstukke terug in die oondbak, voeg die appelbier by, bring tot kookpunt en bak in die oond met die deksel op tot gaar, sowat ‘n uur.

Sowat 15 minute voor die hoender gaar is, smelt die orige botter in ‘n pan tot dit goed sis. Voeg die appelwiggies en strooisuiker by en braai aan beide kante tot goudbruin – die appel moet steeds sy vorm behou. Roer die suurlemoensap by.

Haal die oondbak met hoenderstukke uit die oond, skep die hoender met ‘n gaatjieslepel uit in ‘n oondbak en plaas terug in die oond om warm te bly, terwyl jy die sous voorberei.

Plaas die oondbak met die pansouse op die stoofplaat tot dit begin opkook. Verminder die hitte en laat dit afkook – terwyl jy nou en dan roer –  tot dit met ‘n derde verminder het. Roer die mosterd en room by en prut tot die sous die agterkant van ‘n lepel bedek. Skep in die opdienbak, strooi vars kruie oor en sit voor.

MEER OOR CIDER

Suid-Afrikaanse appel-cider een van die mees opwindende nuwelinge in my glas is.  My eerste ontmoeting met cider – ‘James Mitchell’s Gone Fishing’  was ‘n heerlike, maar kortstondige one-night stand, omdat dit nie maklik beskikbaar was agter die boereworsgordyn nie.

My ware liefdesverhouding met cider het opgevlam toe my wynmaker-vriendin Elzette Du Preez cider vir De Grendel gemaak het. Daarna het Sxollie Cider my inner-skollie omhels.  Die Afro-politaanse  cider met sy  inner-city vibe en oorsprong in die koel appelboorde van Elgin is eenvoudig alles wat ‘n minnaar vir die mond moet wees. Vars, edgy, modern en tot oorlopens toe vol styl en sprankel. Ek is iemand wat elke dag vonkelwyn kan drink – nou voel ek so oor cider.

Cider, wat in Afrikaans appelbier genoem word is eintlik glad nie ‘n bier nie, maar baie nader aan wyn omdat dit met vrugte en nie met graan gemaak word nie.

  • Fotografie: Ian du Toit
  • Stilering: Errieda du Toit
  • Resep-inspirasie: Delicious

2 Responses to “Cider hoender, gebraaide Granny Smith appels en mosterd-roomsous”

  1. Fritz March 31, 2021 at 8:09 am #

    Goeie môre….

    Vinnige vragie….kan ek die apple cider vervang met apple cider vinegar? Ek wil graag die resep maak…

    Liefde

    Fritz van Rensburg +966547173661 Jeddah Saudi Arabia

    >

    • huiskok April 3, 2021 at 8:36 pm #

      Hi Frits, ongelukkig nie, dit sal te suur wees.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: