“I bake. What is YOUR superpower?”
Ek sien hierdie stelling op ‘n t-hemp. Ons het ‘n ryk bakkultuur gehad, wat gelukkig nou weer herontwaak. Soetgebak, soos koeke en kleinkoekies, veral kolwyntjies is op almal se lippe. Ek onthou die ryk speserykoeke, die lemoenkoeke en veerligte chiffonkoeke wat my ma op haar dag gemaak het; die basaarkoeke, Kerskoeke en verjaarsdagkoeke. Deesdae bak ons almal hummingbird-koeke en rooifluweelkoeke, maar ek geniet steeds die ligte Victoriaanse sponskoek met room en aarbeikonfyt wat my ma so moeiteloos gemaak het.

Erika Lubbe van die VLV Kaapland se Patat- en Vyeneutekoek.
Foto: Kokkedoor Versamelresepte, samesteller Errieda Du Toit
Al het ek ‘n biblioteekvol van my eie kookboeke en stapels kostydskrifte is dit die resepte wat ek by familie, vriende en bakkennisse gekry het vir my die mees versamelbare. So ‘n resep is een wat ek van Erika Lubbe gekry het – sy is baie betrokke by die VLV Kaapland. Die resep is ook opgeneem in die kookboek Kokkedoor Versamelresepte wat ek gesjryf het oor die reeks se tweede seisoen.
VLV PATAT EN VYERINGKOEK
125g botter
210g geelsuiker
2 groot eiers
250ml gaar patat fyn gedruk
250ml groenvye gedreineer en in stukke gesny
60ml groenvyestroop
270g bruismeel
100g pekanneute, gekap
5ml fyn gemmer
1ml sout
Versiersel
100g botter
210g versiersuiker
5ml vanieljegeursel
100g gladde maaskaas
4 gemmerkoekies
Metode
- Voorverhit oond tot 180C.
- Room botter en suiker tot lig. Voeg die eiers een op ‘n slag by en meng goed na elke byvoeging. Roer die patat en stroop by en daarna die stukkies vye. Meng die meel, neute, gemmer en sout. Roer dit by die bottermengsel en skep in die bereide koekpan.
- Bak in voorverhitte oond vir 1 uur of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel.
- Klop botter en versiersuiker. Voeg vanielje by en vou die roomkaas in tot goed gemeng. Smeer oor die afgekoelde ringkoek en versier met neute, stukkies vy en fyn gemmerkoekies.
Die koek lyk heerlik – dit is defnitief die moeite werd om te probeer, want alles wat daar in is is heerlik! Ek neem aan die bak temperatuur is 180 grade C, want dit word nie aangdui nie.
Baie dankie vir ‘n interessante koek!
Hi Rista, dit bak teen 180C. Lekker eet.
Hi Annelie, jy’s reg – die koek bak by 180C. Dankie dat jy die uitlating uitgewys het. Ek het die oondtemperatuur nou aangedui.
Dagse, die patat-koek lyk baie lekker, ek gaan dit beslis probeer.
Terloops, ek is opsoek na ‘n lekker wortelkoek-resep. Ek sien soms by restaurante/kafees daardie wat so ‘hoog’ op is, lekker sappige en lipklap lekker.
Ek is ‘n middeljarige man, wat bak, en ek kook….en dit baie geniet!
So, ‘samblief, help hierdie man tog uit met resep-voorstelle vir klassieke Wortelkoek?
Baie dankie vir die interessante resepte enso.
GertJL
Dankie Gerrit. Ek maak deesdae eerder hummingbirdkoek, soortgelyk aan wortelkoek, maar met byvoeging van pynappel. Kyk gerus op my blog daarvoor. Google ook Carmen Niehaus/Huisgenoot se wortelkoek.
Diè een het al my favourites in. Weet nie wat is ek so into koeke hierdie week nie!😳
Sent from my iPad
>
Charmaine, ek het hierdie week 100de koeke geproe met die Koekedoor-oudisies …. Moenie dink Dit het my afgesit van soetgoed nie, nou is ek EERS lus vir bak.
Dit lyk ingelooflik, baie feestelik, gaan dit iewers probeer!