Suurlemoen-olyfoliekoek met suurlemoen-glaseersel en grenadilla-stroop

13 Jul

My mooi  turkoois vrugtebak is nooit sonder suurlemoene nie, dis immers my inner-vrug. Grenadillas is net ‘n kort kop agter.

aaa  bak suurlemoene

Albei bied inspirasie vir ‘n lekker gebakte poeding, of soos hier, ‘n  verkwikkende koek wat van oggendtee of middagkoffie ‘n partie maak.

Die suurlemoen – skil, sap en al  beland in die koek en in die glaseersel, terwyl die granadilla pulp tot ‘n stropie gekook word om saam met die koek te bedien.

ssuurlemoen drizzlekoek

Suurlemoen-olyfoliekoek met suurlemoen-glaseersel en grenadilla-stroop

Maak 1 enkellaag koek (10 snye)

  • 2½ Koppies (375g) bruismeel, gesif
  • 1½ Koppies (330g) strooisuiker
  • Gerasperde skil en sap van een suurlemoen
  • 3 eiers
  • ½ Koppie (125ml) karringmelk
  • 1/3 Koppie (80ml) ekstra suikwer olyfolie
  • 1 Vanillapeul, sade uitgekrap
  • Suurlemoentiemietakkies om mee te bedien (opsioneel)

Suurlemoenglaseersel

  • 150 g versiersuiker, gesig
  • Sap van 1 suurlemoen, jy gebruik dalk nie alles nie

Grenadillastroop:

  • 220 g strooisuiker
  • Pulp van 6 grenadillas

Voorverhit die oond to 180ºC. Smeer en voer ‘n 20cm losboom- koekpan uit met bakpapier.

Vir die beslag kombineer die meel, suiker en suurlemoenskil in ‘n bak en hou eenkant. Sit die eiers in ‘n voedselverwerker en terwyl die masjien loop voeg die karringmelk, olie, vanilla sade en suurlemoensap geleidelik by tot glad. Voeg die droë bestanddele by en pols tot gemeng. Giet die mengsel in die koekpan en bak vir 45 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel in die koekpan en plaas dan op ‘n draadrakkie om heeltemal af te koel.

Vir die suurlemoenglasuur plaas die versiersuiker in ‘n mengbakkie en roer net genoeg suurlemoensap geleidelik by om  ‘n gladde, loperige konsistensie te maak, maar dik genoeg om te bedek.

Bedruip die koek met die glaseersel en versier met suurlemoentiemie. Bedien apart met bekertjie van die grenadillastroop sodat gaste hulself kan help.

*Ek is die skrywer van Koekedoor 2 se nuwe bakboek. Kyk daarin uit vir heerlike sitrusterte, ontwep deur Mari-Louis Guy. Die boek word uitgegee deur Human & Rousseau en is vanaf 21 Julie 2016 te koop. Of kom op 23 Julie na die Stellenbosch Slow Market waar  Koekedoor-bekendes en ek boeke sal teken en ‘n koekversierkompetisie sal beoordeel.

6 Responses to “Suurlemoen-olyfoliekoek met suurlemoen-glaseersel en grenadilla-stroop”

  1. Annette Nel July 27, 2016 at 2:37 pm #

    Hi Errieda,

    Ek kyk nou al uit vir die Koekedoor 2 bakboek vanaf 21 Julie en tot by teleurstelling kan ek dit nog in geen boekwinkel opspoor nie.
    Ek bly in Benoni, JHB.

    Help asb.

    Groete by jou!

    • huiskok August 1, 2016 at 11:28 am #

      Het jy steeds nie reggekom nie? Die utgewers het laat weet dat die boeke nou versprei is.

  2. Ria July 14, 2016 at 8:37 am #

    Wil ook baie graag suurlemoen olyfoliekoek resep wil hê, kry dit ook nie gedruk nie.

  3. LOUISE BREYTENBACH July 13, 2016 at 12:03 pm #

    Ek wil so graag hierdie resep uitdruk, maar wat ek ookal probeer, ek kry slegs bladsy 1 en nie 2,3,4 nie! hoe nou gemaak.?

    • huiskok July 13, 2016 at 10:13 pm #

      Ek Sal dot vir jou mail

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: