‘Stout vir oulaas’ donker sjokoladekoek met wit sjokoladesous

30 Dec

Wil jy goeie geluk in 2012 verseker? Eet dan 12 druiwekorrels op Nuwejaarsdag soos die Spanjaarde of sluit aan by die Grieke vir ‘n sny suurlemoen-gegeurde Nuwejaarswens-koek met die hoop om die gelukkige muntstuk in jou wiggie te kry (amper soos die tiekiepoeding wat weer deel is van ons Kers-kostradisie. ) Die Italianers eet lensies omdat dit soos muntstukke lyk wat jou beursie moet laat bult in die jaar wat wag.

Ek steur my egter nie aan bygelowe, maar  bak wel op die Ou Jaar ‘n goeie voornemens sjokoladekoek … ‘n klam, donker sjokoladekoek word nog so louwarm uit die oond voorgesit met ‘n warm wit sjokolade-sous – vir oulaas stout eet voor die uitvars. 

Sorg dat daar niks oorbly die volgende dag nie, anders skop jy en jou goeie Nuwejaars-voornemens op die verkeerde voet af met die verleiding wat jou nader wink. Vir my laaste soet ‘fling’ maak ek hierdie resep uit die delicious-kookboek 5 Nights a Week.

Maak so:

Smelt 150 g donkersjokoladestukke in ‘n kastrol oor liggies kokende water en laat dan effe afkoel.

Klits 150 g ongesoute botter en 100 g strooisuiker tot lig en klits dan 5 eiergele een vir een goed by. Roer die gesmelte sjokolade, 1 t vanielje ekstrak en 140 g fyn amandels by. In ‘n aparte bak klits die 5 eierwitte tot dit stywe punte maak en vou die geklitse eierwit baie versigtig by die koekmengsel – die raad is om eers ‘n klein skeppie eierwit by die koekmengsel in te roer en dan die res – dit maak die invou makliker.

Skep die beslag in ‘n gesmeerde losboompan (22 cm pan).  Bak vir 10 minute teen 200 °C – na 10 minute draai die hitte af na 170° C en bak ‘n verdere 10 minute of langer indien jy verkies. Die middel van die koek sal nog effe wobbly voel. Laat die koek in die pannetjie afkoel vir 10 minute voor jy dit uitkeer.

Wit sjokoladesous

Maak die wit sjokoladesous deur 125 ml room te verhit en dit dan te gooi oor 100 g opgebreekte  witsjokolade-stukke. Roer dit deur tot die sjokolade gesmelt het.  Roer ‘n paar druppels vanielje-ekstrak by. Bedien dit saam met wiggies van die warm sjokoladekoek en vars frambose of aarbeie.

Sorg dat daar niks oorbly op Nuwejaar nie, anders skop jy en jou goeie voornemens op die verkeerde voet af met die verleiding wat jou nader wink. 

2 Responses to “‘Stout vir oulaas’ donker sjokoladekoek met wit sjokoladesous”

  1. fran December 30, 2011 at 12:48 pm #

    Toggie Irrieda, eks te bly ek het uiteindelik die resep vir vandag se ‘sonde’ gevind. Sien so uit om daaraan te smul. Maar nog belangriker, om my kleinseuns te hoor en sien as ek dit vir hulle gaan voorsit…… “mmmmmmmm Shashi…. this is loooooverly!!” Ek sal tog se waar ek die resep gekry het, (“from my radio friend, Irrieda”) so verwag baie liefde deur die ruimte. Happy New Year and love, Frances

    • huiskok December 30, 2011 at 3:39 pm #

      dit raak dalk ‘n tradisie: Shashi se sjokoladekoek op Oujaar! Goeie 2012 vir jou en jou geliefdes – en lekker saamkook. Errieda

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: