Tamsin Snyman se tunakoekies uit haar kookboek You Can With Fish is in gordel styftrek-dae op my radar met ‘n bak groenslaai vir ‘n ligte ete; of met roerbraaigroente en oondgebakte soetpataptjip vir ‘n groter aptyt.
Vir die tapas-uur maak jy die viskoekies net kleiner en sit dit met tandestokkies en tartaarsous voor as ‘n doopsous. Ek het dit al met groot sukses voorgesit saam met ‘James Mitchell’s Gone Fishing’, artisan cider uit Grabouw se geweste.
Tamsin se Tunakoekies
Maak 8 groot koekies
3 aartappels, geskil en in blokke gesny
2 x 170 g Lucky Star Shredded Tuna, goed gedreineer
2 eiers, lig geklits
1 klein ui, fyngekap
30 ml fyngekapte pietersielie
Swartpeper
Canola-olie vir braai
Suurlemoenwiggies vir opdiening
Kook die aartappels tot sag, dreineer goed en maak fyn. Meng die tuna, eiers, uie en pietersielie; geur met peper. Vorm die mengsel in agt koekies. Verhit ‘n kleefvrye braaipan en gooi ‘n bietjie olie in. Braai die tunakoekies tot goudbruin aan albei kante.
Bedien met tartaarsous en suurlemoenwiggies.
Kyk uit in jou boekwinkel vir You Can With Fish geskryf deur Tamsin Snyman en uitgegee deur Lannice Snyman Publishing. Teen R80 is die kookboekie ‘n winskopie-duisend en gelaai met interessante, maklike resepte vir geblikte vis. Dis opgedeel in resepte wat jy in 10, 20 of minute kan maak. Sy gebruik Lucky Star-produkte, ‘n ikoniese Suid-Afrikaanse handelsmerk wat ek ook gebruik.
Vir die eerste resep – meng jy die aartappels in die viskoekies?
Help. Ek woon in Canada en wil die oorspronklike maklike soort maak.
Jammer dat my Afrikaans so swak is.
Ja, dis reg, Denise. Dankie vir die inloer.
Ooooo, Vrydae in ons huis was Luckystar Middlecut viskoekies dae…ek onhou dit so goed, met ‘n skywe riffel suurlemoen uit die tuin!! Nooit as kind gedink dit gordel intrek resepte nie, moet wees oor al die liefde wat daarin gegaan het!!
Ja Nina – Nigel Slater het juis geskryf nostalgie is die beste geurmiddel wat daar is! Lekker dag en lekker kook.