Vir swemmers Cameron van der Burgh, Chad le Clos en die span liggewig roeiers wat vir ons goud uit die water gehaal het maak ek vandag ‘n slaai met ‘n varswater vissie, gevang in ons eie waters.
Dis ‘n feesvierslaai vir die reënboognasie: flertse gerookte reënboogforel met lemoen, appelliefie, baba-spinasie, dun-dun ringetjies rooi uie en ‘n smaakmakertjie hier en daar – kappertjies indien jy wil.
Ek maak dit net soveel vir die kleur as vir die lekker. Net soveel vir die mooigeit as vir die Omega-3 vetsure in die vis, die Vit. C in die lemoen en die minerale in die spinasie.

Slaai-bestanddele reg vir die slaaipak. Knoffeltjie is om te herinner daar moet nog slaaisous gemaak word. Wenk – hou jou sardientjieblikke – dis lekker vir klein hoeveelhede.
Noem dit ‘n Sembel-It slaai, daar word eerder bymekaar gepak en uitgepak as gekook en getimmer. Selfs die slaaisous met effense Oosterse kinkel word so vinnig saamgeskud as wat jy kan sê ‘rasper ‘n gemmerknobbel.’

Die soutigheid van die gerookte salm en kappertjies kry balans met die soet, effe suur van die lemoen – en die slaaisous wat met heuning versoet word
Vandag maak ek ‘n ‘n prentjiemooi slaai:
Só mooi en fotogenies dat mens niks veel meer hoef te sê of te skryf nie. Ek wil wel noem dat daai geroosterde ciabatta met my eie hande gemaak is – jy kan winkelbrood gebruik, of beter – koop ‘n plaasbrood by die plaasmark – en dit wat oorbly pop jy in die rooster (as daar oorbly).
Kom ons noem dit ‘n resep met onderskrifte. Foto’s eerder as ‘n lang beskrywing. ‘n Idee eerder as ‘n lys van moet-doen. En as jy die kappertjies wil uitlos, doen dit. Het nie appelliefies nie? No problemo; verdubbel die hoeveelheid lemoen. Vervang gerus die forel met salm. En as die skare honger is en die vis maar min – voeg feta by die slaai. Die soutigheid werk goed.
Heuning en lemoenslaaisous
Die sitrusslaaisous het wel riglyne nodig, om die balans tussen die aromatix, die olies en die soetigheid te kry.

Olyfolie, sesamolie, heuning, lemoensap, gemmer en knoffel … slaaisous om die forel uit die water te laat spring. Ek sit feta by die kaas en giet die slaaisous daaroor. Lekker verby
Die slaaisous kan ook met suurlemoen- of lemmetjiesap gemaak word (net so tot oorlopens vol wintervitamine), maar ek hou by die lemoensmakie en die gedagte aan oranje maak my bly. Die tema van die slaai gaan immers oor kleur. Jy’t nodig:
62,5 ml (kwart koppie) ligte olyfolie
7,5 ml sesamolie
Sap van 1 lemoen
10 ml heuning
1 knoffelhuisie, fyngerasper
Gemmerknobbel, geskil en fyngerasper (sowat 5 ml)
Sout en peper
Skud die klomp saam in ‘n flessie en laat elke gas self ‘n bietjie oordrup na die slaai opgeskep is.
*Roxy Laker, Ian en myself het almal foto’s geneem. Roxy op haar iPhone, ek met my iPad en Ian met sy deftige Canon. Tjoklit die Labrador het ook deelgeneem en Stella die kat is ook gelok deur die geure van gerookte forel.
Looks like a great salad! I love the combination of smoked salmon and capers!
HI JOhanna, it’s a firm favourite of mine. I used smoked trout (which is local). Otherwise Norwegian salmon – but that has to be imported of course and I try to use local where I can. The salad has been inspired by my thoughts of Nordic food and ingredients – except the orange perhaps. As a student I used to work for pocket money at a very grand department store (no longer in business sadly) and their very grand tea room had smorgasbord. 35+years on and I still try to recreate the flavours. Here of course it’s not a smorgasbord, but it does satisfy my yearning somewhat
I like smoked trout too. And I think its great to use local produce as much as possible. Have you ever tried cured trout (like gravlax)? Its really nice and easy to do. BTW the salad sounds w/ the addition of orange.
Baie mooi fotos!
ek’s bly die foto’s is mooi – die slaaitjie is fotogenies, maar daar was ook ‘n knap fotograaf, Roxy wat saam met my hier in Huiskok HeadQuarters werskaf.