Pampoenkoekies – sonskyn teen onsekerheid

31 Mar

AC85767D-47F8-45A5-B0B9-DFB24C84654DSommige dinge het net nie verduideliking nodig nie. Soos die  begeerte vir iets troostend in tye van onsekerheid. Soos die magiese vermoë van pampoenkoekies om die dag sommer beter te laat lyk. 

Wenke:

Span jou drukkoker In om die pampoenblokkies te kook. Net drie minute!

Botterskorsie is ideaal, want dis minder waterig as pampoen.

As die beslag te loperig is, roer nog ‘n lepel meel by.

DD2D2D25-6B9E-4070-94FF-986EA4866A04 Pampoenkoekies

Maak 12

600 ml gaar, fyngemaakte pampoen of botterskorsie

250 ml koekmeel

5 ml bakpoeier

Knypie sout

Stewige mespunt anys (opsioneel)

2 eiers, geklits

Olyfolie vir vlakvetbraai

Kaneelsuiker

Opsioneel: blomblaartjies van marigolds

Meng die pampoenmoes, meel, bakpoeier, sout en anys in ‘n mengbak. Roer die geklitse eiers by om ‘n slapperige beslag te vorm. Giet ‘n bietjie olie in ‘n pan, skep lepelsvol (4 – 5 koekies op ‘n keer) in die warm olie en braai aan beide kante tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier, strooi kaneelsuiker oor en rond opsioneel af met eetbare blommetjies.

E4EF872B-DCA8-4C49-B032-053E29E82962 Foto Ian Du Toit

3 Responses to “Pampoenkoekies – sonskyn teen onsekerheid”

  1. Minette den Ouden April 9, 2020 at 6:35 nm #

    Dit is die beste resep wat ek nog ooit gemaak het. Baie dankie.

  2. Christine Frauenstein Maart 31, 2020 at 6:29 nm #

    Dankie. Pampoenkoekies is trooskos, sowaar. 🙂

Lewer kommentaar op huiskok Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.