As kos ‘n somer-fling soek is daar nie ‘n lekkerder vrymaat as Sauvignon Blanc nie. Dis ‘n wyn so eie aan somer dat die Durbanville Wynvallei ‘n fees – Die Seisoen van Sauvignon – hou om die seisoen van somer-kos en wyn aan te kondig. Die fees word volgende naweek op 11 plase in die Durbanville Wynvallei gehou.
Sauvignon Blanc laat my altyd dink aan heerlike gerookte forel of salmslaaie, oesters, garnale, gerookte hoender – enigiets wat daardie vars appelliefiesmake, groen appel en tropiese vrug smake komplimenteer. Moet ook nie ‘n soetdingetjie onderskat as dit by hierdie gewilde wyn kom nie – soos appel pannacotta of ‘n granadilla-parfait.
Ek het ‘n spesiale resep afgebedel met ‘n Suid-Afrikaanse smakie wat ‘n heerlike voorhappie is saam met Sauvignon Blanc uit die Durbanville Vallei. Dis gerookte snoekpatee met ‘n appelliefie-konfyt bolaag wat Sjef Louisa Greeff van Durbanville Hills se restaurant gemaak het.
Haar kos het my betower. Sy vertel haar kreatiwiteit is gestimuleer deur die appelliefie-note in die 2013 oesjaar Sauvignon Blancs van Durbanville Hills, Klein Roosboom en Hilllcrest. Beter vrymaats kon haar gerookte snoek patee met appelliefie-jellie; asook haar ander southappie – ‘n Springbok sosatie met hollandaise; vanileje risotto met ‘n appelliefdie- en peper concasse – nie kry nie. my ander gunsteling is haar bros, krakerige een-hap pecorino mille feuille met eiervrug-piekel (die resep hiervoor word ook verskaf).
Jammer kosvriende, ek het ‘n tegniese probleem om foto’s op te laai. Dit geniet aandag. Gebruik jou verbeelding intussen!
SJEF LOUISA GREEFF SE GEROOKTE SNOEKPATEE MET APPELLIEFIEKONFYT
4 voorgereg-porsies
1 heel gerookte snoek, grate verwyder en gevlok
½ ui, fyngekap
2 cm vars gemmer, fyngekap
5 ml elk vars dille, fyngekap
5 ml vars pietersielie
250 ml suurroom
Sout en peper na smaak
5 ml suurlemoensap
Appelliefie-konfyt:
1 bakkie appelliefies
80 ml suiker
80 ml water
Metode:
Voeg appelliefies, suiker en water in ‘n dubbelkastrol en kook 10 minute tot sag en stroperig. Laat afkoel.
Voeg die snoek en die res van die bestanddele in ‘n versapper en meng tot glad. Geur met sout en peper en suurlemoensap. Bedien in klein bakkies of glasies met ‘n lagie appelliefiekonfyt bo-op en rond af met ‘n broodstokkie of bruschetta.
Veral lekker met die volgende Sauvignon Blancs:
*Durbanville Hills Sauvignon Blanc 2013
*Klein Roosboom Sauvignon Blanc 2013
*Hillcrest Sauvignon Blanc 2013
BONUSRESEP:

Sjef Ian Bergh se gerookte forel-, ricotta en sitrusslaai met vanieljeslaaisous vry na Sauvignon Blanc hierdie somer. Foto Fritz Brand
Gerookte forel met ricotta, lemoen, pomelo, slaaiblare en lemmetjie-vanielje-slaaisous
Sjef Ian Bergh van De Grendel Restaurant se forelslaai met sy sitrussmake en interessante vanielje slaaisous vry na De Grendel en Altydgedacht se nuwe oesjaar Sauvignon Blancs.
Bestanddele (per porsie)
100g gerookte forel
4 lemoenwiggies, velletjies afgetrek
4 pomelowiggies, velletjies afgetrek
2 bossies gemengde slaaiblare
2 E ricotta, gekrummel
Vir die slaaisous
1 E vars lemmetjiesap
2 E fyn olyfolie
Stewige mespunt vanieljesaad
Metode
Meng die lemmetjiesap, vanielje en lofolie saam en hou eenkant. Kombineer die res van die bestanddele in ‘n mooi bak en bedruip met die slaaisous
WENK: Kyk uit in die Burger se Naweek bylae vir heerlike somerrresepte wat met of sonder Sauvignon Blanc geniet kan word.
Nog ‘n bonusresep van Sjef Louisa Greeff wat ‘n baie lekker kaas-en nagereg gang kan wees of bedien as skemerhappie:
Pecorino Mille Feuille with Aubergine pickle
Filo pastry, cut into 5x5cm pieces (12 blocks per serving)
200g Pecorino cheese, finely grated
Butter, melted
1½ kg aubergines/brinjals cut into 1x1cm blocks
4cm ginger, finely chopped
2 garlic cloves, finely chopped
1 onion, sliced
pinch of chilli powder
1 tbsp. of turmeric powder
1½ tbsp. roasted and powdered coriander seeds
2 tbsp. black mustard seeds
1 cup sugar
pinch of salt
1¼ cup vinegar
1 tbsp. vegetable oil
Method:
– Dry fry the chilli powder, turmeric, coriander and mustard seeds for 3 minutes. Take it off the heat.
– Fry the aubergines, onion, ginger and garlic in a pan with oil and add the fried spice mixture.
– Pour in the vinegar and the sugar.
– Cook for 20 minutes. Add the salt at the end.
– Put the mixture into sterilized glass jars and seal tight.
– Smear the filo blocks with butter and place 3 on top of each other, sprinkle some of the cheese and layer another layer on top. Repeat until you have 3 layers of cheese and four by 3 layers of pastry.
– Sprinkle some cheese on top and bake for 5 minutes till brown.
– Serve the pickle on top of the squares.
Durbanville Wynvallei vier Seisoen van Sauvignon
5 en 6 Oktober 2013
Die grootskaalse vrolikheid wat op 5 en 6 Oktober oor die Durbanville-wynvallei gaan hang gaan ‘n aanduiding wees hoekom die Seisoen van Sauvignon, nou in sy 9de jaar – verlede jaar aangewys is as die gewildste wynfees.
So gaande is Kaapse feesliefhebbers oor die fees dat dit by die 2012 Klink-wyntoerismetoekennings met die “Crowd Pleaser”-toekenning vir die beste wynroete-saamtrek weggeloop het. Die fees is vanjaar weer in dié kategorie genomineer, terwyl die Durbanville-wynvallei meeding in die “Happy Times”-kategorie vir die beste wynroete.
“Feesgangers gaan stomgeslaan wees oor die magdom maniere waarop ’n mens die vallei se topkultivar, sauvignon blanc, van nader kan leer ken,” sê Thys Louw, voorsitter van die Durbanville-wynvalleivereniging. “Dis ‘n staatmaker-pasmaat vir somerkos, vandaar die fees se klem op goeie kos.”
Die elf plase wat deelneem is Altydgedacht, Bloemendal, D’Aria, De Grendel, Diemersdal, Durbanville Hills, Groot Phesantekraal, Klein Roosboom, Hillcrest, Meerendal en Nitida.
Besoek www.durbanvillewine.co.za vir die feesprogram.